in samenwerking met 
Noordhoff

Inloggen bestaande gebruiker

Aanmelden nieuwe gebruiker

Naar mobiele versie


Over deze website | Beter Afrikaans

(Persverklaring uitgereik deur Gerhard van Huyssteen, 10-11-2014)

 

 

Beter Afrikaans? Nuwe opvoedkundige webdiens vir Afrikaans

 

Pretoria. "Die digitale era vereis dat ons op nuwe maniere moet dink oor Afrikaans," só sê Gerhard van Huyssteen, ontwikkelaar van Beter Afrikaans, 'n splinternuwe Afrikaanse webdiens.

 

Beter Afrikaans is 'n gratis webdiens waar Afrikaanssprekendes, jonk en oud, in 'n japtrap meer kan leer oor kwellende taalvrae. Die doel van hierdie diens is om op 'n interaktiewe manier die spel- en skryfreëls van Afrikaans aan gebruikers te bied.

 

"Ons lewe in 'n tyd van 140-karaktertekste, inligting moet bondig aangebied word. Aksies moet naatloos op 'n selfoon of tablet uitgevoer kan word. Beter Afrikaans is op dié mark gerig," vertel Van Huyssteen.

 

Die webdiens werk op 'n eenvoudige, doeltreffende manier. As 'n persoon geregistreer het op die webwerf, kan die persoon elke weeksdag 'n e-pos met 'n hiperskakel ontvang (of die persoon kan elke dag self na die webwerf gaan). Dit neem minder as twee minute om die speltoets te voltooi – hetsy op 'n rekenaar, tablet of selfoon. Die speltoets bestaan uit vier veelkeusevrae en sodra die vrae beantwoord is, ontvang die gebruiker onmiddellik 'n eensinbespreking oor die korrekte antwoorde.

 

Indien die gebruiker meer wil leer oor die korrekte antwoord, is daar meer omvattende verduidelikings op die webwerf beskikbaar. Onderwerpe soos los of vas skryf, hoofletters, homonieme, idiome, intensiewe vorme en nog baie meer word gedek.

 

Die veelkeusevrae is op drie moeilikheidsvlakke ingedeel: maklik, gemiddeld of moeilik. Vrae soos die volgende help mense om nie net hulle spelvermoë te verbeter nie, maar ook hulle algemene kennis:

  1. Wat is die naam van die hoofstad van die Oos-Kaap? (1) Bisho; (2) Bhisho; (3) Mthatha; of (4) Umtata
  2. Voltooi die idioom: Die ... het in die as geval. (1) vleis; (2) koek; (3) tert; (4) pap

Die gebruiker se uitslae word gestoor, sodat die gebruikers hulle uitslae met mekaar kan vergelyk. Gebruikers kan ook hulle uitslae op Twitter met ander gebruikers deel.

 

"Spelling en taal word dikwels deur (jong) mense gesien as muf en stowwerig. Met Beter Afrikaans wil ons probeer om spelling deel van 'n mens se daaglikse roetine te maak: terwyl jy ontbyt eet, op pad skool toe is, of in die Gautrain ry," verduidelik Van Huyssteen.

 

Onderwysers kan Beter Afrikaans maklik in die klaskamer gebruik, veral in situasies waar leerders hulle eie selfone of tablette het. Skop elke dag af met 'n Beter Afrikaans-sessie waar leerders teen mekaar meeding. Tipiese foute kan dien as 'n aanknopingspunt vir 'n klasbespreking.

 

'n App word vir die toekoms beplan, terwyl die ontwikkeling van 'n soortgelyke diens vir wiskunde (Beter Wiskunde en Better Maths) 'n aanvang sal neem. As alles glad verloop is Engels (Now Better English) ook in die pyplyn, en selfs ander Suid-Afrikaanse tale sou oorweeg kon word.

 

Beter Afrikaans is ontwikkel in samewerking met 'n soortgelyke webdiens vir Nederlands, Beter Spellen (www.beterspellen.nl). Beter Spellen is rasend suksesvol in Nederland en België, met meer as 90 000 aktiewe gebruikers. Dié veelbekroonde diens is onder andere tot webwerf van die jaar verkies in Nederland en daarmee mededingers soos YouTube, Groupon, Facebook en Buienradar uitgestof.

 

Besoek gerus Beter Afrikaans se webwerf http://www.beterafrikaans.co.za/, Facebookblad by www.facebook.com/beterafrikaans, of op Twitter @beterafrikaans.






Noordhoff Uitgevers


  

Beter Spellen  Beter Rekenen  NU Beter Engels  NU Beter Duits  NU Beter Frans  NU Beter Spaans  Beter Bijbel  Beter Afrikaans  Plus-Taaltest  

© 2010 - Beter Spellen is een initiatief van

 Martin van Toll Producties